Ontdek “God wat die hele prentjie sien” saam met Vasti Burger
Written by Han@Pulpit on 8 September 2022
Vasti Burger, dogter van Dr Isak Burger (voormalige president van die Apostoliese Geloofsending van Suid-Afrika), is vanjaar se spreker by die Radiokansel Damesoggend op 23 September in Pretoria.
Passievol, kleurvol, Jesus-vol.
Dit is hoe Vasti Burger haarself beskryf. Sy leef om deursigtig te wees sodat mense Jesus in haar leefstyl kan sien.
As die jongste dogter van Dr Burger, het sy van jongs af in ‘n huishouding met ‘n sterk geestelike fondasie grootgeword. Maar niemand is beskut teen die lewe se storms nie, en so moes Vasti ook genesing vind na trauma en die pad met ’n ongeneeslike siekte.
Ek het nooit hierdie pad alleen gestap nie, want my God, wat die hele prentjie sien, werk alles ten goede mee vir elkeen wat Hom lief het.
Vasti het beleef hoe, deur Jesus se kragtige werking in ons, Hy oneindig meer vir haar kom doen het as wat sy ooit voor kon vra. En Hy kan en wil dit vir jou ook doen.
“Die lewe is die mooiste avontuur wanneer jy die skrywe daarvan aan die Een oorlaat wat net die beste vir jou wil hê,” sê Vasti. Sy is tans ‘n pastoor en mede-leraar by ‘n gemeente in Pierre van Ryneveld.
Ontmoet vir Vasti by vanjaar se Radiokansel Damesoggend op 23 September
- Plek: Casa Social da Madeira, Pretoria
- Gaskunstenaar: Jacques en Liezel
- Koste: R350 pp, sluit ‘n driegang noen-ontbyt in
- Bespreek jou sitplek by letsie@radiokansel.co.za
Vir bemoediging en inspirasie besoek gerus ons Christelike boodskappe afdeling.