Om Christus te volg is ‘n daaglikse keuse

Written by on 15 August 2022

Jou daaglikse keuses obenbaar baie oor wie jy volg; Christus, jouself of iets anders? Om te kies om God se beginsels uit die Woord te volg, of dit wat Hy op jou hart geplaas het, kan soms uiters moeilik wees. Daar is daaglikse keuses, maar dan is daar ook oomblikke van groot betekenis wanneer die lewe ‘n streep in die sand trek.

In Josua 24:14-15 het die volk Israel so ‘n keuse gehad om te maak:

Betoon dan nou eerbied aan die Here en dien Hom met opregtheid en met trou. Sien af van die gode wat julle voorvaders anderkant die Eufraat en in Egipte gedien het, en dien die Here. 15Of, as julle dit nie goedvind om die Here te dien nie, kies dan vandag wie julle wil dien: die gode wat julle voorvaders gedien het anderkant die Eufraat, of die gode van die Amoriete in wie se land julle woon. Wat my en my familie betref, ons sal die Here dien.”

Wie gaan jy vandag dien?

Dit was ‘n opwindende tyd in die Israeliete se reis met God, ‘n duidelike kruispad vir die kinders van Israel. Ons word elke dag met dieselfde keuses gekonfronteer wanneer ons moet kies wie ons sal dien. Elke dag staan ons voor die vraag; Wie sal jy dien?

Baie mense maak hierdie keuse sonder om werklike daaroor na te dink. Wie kies ons deur die woorde wat ons spreek en ons daaglikse dade? Om te kies om God te dien, sal een van die belangrikste keuses wees wat jy in die lewe maak, en dit sal ook een van die beste keuses wees wat jy maak. Dit kom met groot vreugde, vrede en liefde. Maar hierdie keuse sal ook ander besluite wat jy daagliks moet neem, beïnvloed.

As jy kies om God te dien, moet jou optrede die beginsels in Sy Woord weerspieël. Hoe sal jy byvoorbeeld reageer wanneer iemand oneerbiedig teenoor jou is? Hoe sal jy reageer as jy nie met iemand saamstem nie? Wat sal jy doen wanneer jy kwaad word?

Dien deur jou dade

Die bewys van wie ons daagliks dien, lê in ons optrede. Josua het die kinders van Israel ‘n keuse gegee wat hulle met erns moes oorweeg. Om God te kies het beteken om die lewe op God se manier te leef, daarteenoor is die keuse om ander gode te kies en die lewe te leef soos hulle voorskryf. Die raad wat ons aan ander gee, ons dade, die woorde wat ons sê, die gedagtes waaroor ons peins, ens. Verheerlik hulle God?

Wanneer ons God kies, kies ons ‘n ander lewe. Ons kies om anders te reageer wanneer ons uitdagende tye in die gesig staar. Mag jy soos Josua kies om die Here te dien. En mag jy ‘n impak hê op jou familie, vriende en almal om jou.

Geskryf deur Stephanie Conradie

Vir daaglikse inspirasie, skakel in op jou gunsteling Christelike radiostasie op 657 AM, of lees Die Woord vir Vandag. Jy kan ook na ons potgooie luister op iono.fm. Jong volwassenes kan inskakel by I AM Youth.


Current track

Title

Artist

Background