Menu

Radiokansel

Tuis

Radiokansel Facebook Radiokansel Twitter

A+ A A-

GoeieNUUS Oktober 2018 Uitgawe

I AM Youth Radio blink uit by die Liberty Radio Toekennings

Die I AM Youth Program, op I AM Youth Webradio, het die 2018 Liberty Radio Toekenning as die beste Internet/aanlyn radioprogram ontvang. I AM Youth Radio het geskiedenis gemaak deur die eerste stasie te wees om hierdie nuwe kategorie te wen.

Die I AM Youth Program word op beide I AM Youth Web Radio en Radio Kaapse Kansel 729AM uitgesaai en luisteraars kan ook op beide stasies se slimfoontoepassings daarna luister. Die program word reeds vanaf September 2017 uitgesaai en fokus op hoërskool leerders en studente.

Drie dinamiese en passievolle jongmanne bied die program aan; Vicus Kruger, 'n passievolle jeugwerker; Ryno Turketti, 'n opgewonde en gemotiveerde jeugpastoor en Marius du Randt, Springbok branderplankryer en invloedryke sakeman wat sy tyd tussen besigheid en musiek verdeel.

Die program maak voorsiening vir lewendige gesprekke met 'n verskeidenheid ateljee gaste, insluitend bekendes, sendelinge, sportmanne en -vroue en oor die algemeen ook mense wat 'n impak op lewens het, beide direk en indirek. 'n Tipiese program bestaan uit 'n 'Coffee Convo' - waar Vicus, Marius en Ryno 'n gedeelte uit die Woord deel, 'n 'surf report' deur Ryno, 'n sportsverslag deur Vicus - waar hy fokus op hoërskoolsport en ook 'n versoek waar jeuggroepe aangemoedig word om hul nuus in te stuur sodat dit met luisteraars gedeel kan word. Moet nie vergeet van die bekende 'Top 5' nie, hier deel Marius Gospelmusiek van regoor die wêreld op 'n spesiale manier.

Videomateriaal word deur die omroepers self bymekaargesit en via die I AM Youth Movement se Facebookblad, webblad en whatsApp groepe gedeel.

Luister na die I AM Youth Program op www.iamymovement.co.za of skakel in op Radio Kaapse Kansel 729AM Maandae om 19:00.

Gaan Na

Skakel met ons

ProudlySA

bg-004
bg-006
bg-003
bg-002
bg-001
bg-005