Menu

Radiokansel

Tuis

Radiokansel Facebook Radiokansel Twitter

A+ A A-

GoeieNUUS Oktober 2018 Uitgawe

Boodskap van dr Roelf Petersen

As ek terugkyk op die jaar wat so vinnig verbyvlieg, dan sien ek moeilike hekkies raak waaroor ons moes kom, ook die krisisse, maar veral ook hoe God vir ons wysheid en oplossings gegee het.

U sal sekerlik onthou dat die 729AM sender in die Kaap 'n tyd gelede uitgebrand het. Die nasionale seinverspreider, Sentech, het behoorlik met die hand in die hare gesit, totdat ons die Kansel Media Groep se eie spaarsender per pad (met groot risiko's) Kaap toe gestuur het om 'n oplossing te bied. So kon ons veel vinniger weer uitsaai en verseker dat ons steeds ons belofte kon nakom, naamlik om "'n daaglikse reisgenoot" vir Kaapse luisteraars te wees.

Ons moes deur die jaar ook vele voorleggings aan owerhede maak oor beleid rakende digitale klankuitsendings en aan die reguleerder, OKOSA, oor regulatoriese aangeleenthede en lisensie voorwaardes wat digitale radio (DRM) moontlik sou maak. Ons voer hierdie stryd al die afgelope 5 jaar, maar ons dank die Here dat die Ministerie van Kommunikasie op 28 September 'n beleidsdirektief uitgereik het wat die deur nou finaal oopmaak vir migrasie na digitale radio. Ons langbestaande visie, om die Evangelie van Jesus Christus na elke huis in SA en verder te neem, word nou 'n realiteit. Die implementering van die genoemde beleid en regulasies gaan egter nog baie tegniese en politiese wysheid en hulpbronne van ons vra, daarom vra ons dat u saam met ons sal bid vir die pad vorentoe. Ek onderneem om u deurentyd op hoogte te hou van vordering en hoe dit u as luisteraar gaan raak.

Ja, inderdaad 'n moeilike jaar, maar ook opwindende strategiese deurbrake.

God is ewig getrou!

Seënwense,

Dr Roelf Petersen

Gaan Na

Skakel met ons

ProudlySA

bg-004
bg-006
bg-003
bg-002
bg-001
bg-005