Menu

Radiokansel

Tuis

Radiokansel Facebook Radiokansel Twitter

A+ A A-

Kalender & Jongste Nuus

Nuwe sender vir Radio Kaapse Kansel

Radio Kaapse Kansel se sender het in Mei vanjaar onklaar geraak. Ondersoeke het getoon dat die sender nie herstelbaar was nie en Radio Kaapse Kansel sou tot twaalf weke van die lug af wees terwyl die Stasie op 'n nuwe sender sou wag wat deur die nasionale seinverspreider, Sentech, verskaf moes word.

Die Kansel Media Groep (KMG) het intussen 'n alternatief onderhandel om Radio Kaapse Kansel so vinnig as moontlik terug op die lug te kry. KMG het die sender, waarmee die Groep hoogs suksesvolle toetsuitsendings vir digitale radio gedoen het, as tussentydse maatreël vanaf Gauteng na die Wes-Kaap verskuif totdat die nuwe sender uit die buiteland sou arriveer.

Op 21 Junie 2018 kon Radio Kaapse Kansel luisteraars weer op hul 'daaglikse reisgenoot' inskakel.

Die nuwe sender is op 19 Julie 2018 suksesvol geïnstalleer en lewer selfs 'n beter klank. Dankie aan elke luisteraar wat Radio Kaapse Kansel getrou ondersteun.

Gaan Na

Skakel met ons

ProudlySA

bg-004
bg-006
bg-003
bg-002
bg-001
bg-005