Menu

Radiokansel

Tuis

Radiokansel Facebook Radiokansel Twitter

A+ A A-

Kalender & Jongste Nuus

Innige medelye aan Debby Gass en familie met die afsterwe van Bob

bobgassportraitOns kondig met hartseer aan dat die outeur van ons dagstukkies, Bob Gass, na 'n lang siekbed gesterf het. Hy is op Saterdag, 8 Junie begrawe. 'n Herinneringsdiens ter ere van Bob se lewe sal op 22 Junie in Atlanta, Georgia gehou word waar 'n verteenwoordiger van die Kansel Media Groep (KMG), insluitend United Christian Broadcasters Africa (UCB Africa), die diens sal bywoon.

Bob en Debby Gass het gelei gevoel om die dagstukkies vir die volgende tien jaar vooruit te voltooi. Soos per ooreenkoms, sal die dagstukkies - The Word for Today, Die Woord vir Vandag and word4U2day - soos gewoonlik versprei word. Dr Roelf Petersen, Besturende Direkteur van KMG, het bevestig dat die dagstukkies sonder uitsondering voortgaan. Lesers en luisteraars kan na hul volgende dagstukkies in gedrukte en digitale formaat uitsien, soos altyd.

Ons sal Bob as 'n wyse en sagmoedige man onthou wie sy tyd spandeer het om die Here se Koninkryk te dien.

Sy insette in ons bediening was van onskatbare waarde en ons dagstukkies, uit sy pen, sal vir nog vele jare die lewens van luisteraars en lesers verreik. Ons is diep dankbaar daarvoor.

Sal jy asb saam met ons vir Debby Gass en familie bid? Ons harte gaan uit na hulle.

KONTAKPERSOON
Jean Lung
Groepbestuurder Kommunikasie: Kansel Media Groep
012 334 1237
This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Gaan Na

Skakel met ons

ProudlySA

bg-004
bg-006
bg-003
bg-002
bg-001
bg-005