Musiekonderhoude

Hier volg 'n uiteensetting van die programme beskikbaar vir musiekonderhoude

Daar is 2 kategorieë:

  1. Musiekbedieningsonderhoude (sien aangeduide programme)
    • Vir beide bekende en onbekende / nuwe kunstenaars
    • 'n Nuwe vrystelling / Eerste vrystellings
  2. Kommersiële / Betaalde onderhoude (sien aangeduide programme)
    • 'n Maksimum van 15 minute onderhoude waar die kunstenaar betaal vir die lugtyd (ingesluit 1 lied deur die kunstenaar).

Musiek en onderhoude in beide kategorieë is onderhewig aan die goedkeuring van die Musiek en Program Departemente van Radiokansel.

Program Dag Tipe onderhoud

Jubel en Juig

(08:00 – 09:00)

 

Saterdag

 Musiekbedieningsonderhoud – kategorie 1

  • Profiel oor kunstenaar (& inbel, indien program direk uitgesaai word), beide Afrikaans & Engelse kunstenaars, maar nie noodwendig ‘n nuwe CD vrystelling nie;
  • Kunstenaarsdagboek – gratis info oor optredes of musiekgeleenthede wat oor die land plaasvind.

Kommersiële / Betaalde onderhoud – kategorie 2 

  • Profiel onderhoud oor ‘n Afrikaans /Engelse plaaslike kunstenaar / musiekgeleentheid wat plaasvind.

Local & Inter- national Gospel

(09:00 - 11:00)

 

 

Saterdag

 

Musiekbedieningsonderhoud – kategorie 1

  • Profiel onderhoud met Afrika-taal kunstenaar OF  besoekende kunstenaar van oorsee (& inbel, indien program direk uitgesaai word), nie noodwendig ‘n nuwe CD vrystelling nie;

Kommersiële / Betaalde onderhoud – kategorie 2 

  • Profiel onderhoud met ‘n Afrika-taal kunstenaar.

Y – Connection

(20:00 – 21:00)

 

Vrydag of Saterdag

 

Musiekbedieningsonderhoud – kategorie 1

  • Profiel onderhoud met jong volwasse Kontemporêre Musiek / jeugkunstenaar of besoekende kunstenaar van oorsee (& inbel, indien program direk uitgesaai word), nie noodwendig ‘n nuwe CD vrystelling nie. onder houd sal in Engels geskied.

Jump for Joy

(12:00 – 14:00)

 

Saterdag

 

Musiekbedieningsonderhoud – kategorie 1

  • Profiel oor Engelse (plaaslik / internasionaal) kunstenaar (& inbel, indien program direk uitgesaai word), maar nie noodwendig ‘n nuwe CD vrystelling nie;
  • Kunstenaarsdagboek – gratis info oor optredes of musiekgeleenthede wat oor die land plaasvind.

Kommersiële / Betaalde onderhoud – kategorie 2 

  • Profiel onderhoud oor ‘n Engelse plaaslike / internasionale kunstenaar / musiekgeleentheid wat plaasvind.

Goeie Nuus Tyd

(07:00 – 08:30)

 

Weeksdae

 

Musiekbedieningsonderhoud – kategorie 1

  • Aktualiteitsgleuf in Goeie Nuus Uur (07:45) wat gebruik kan word vir ‘n onderhoud met ‘n besoekende kunstenaar van oorsee / spesiale musiek aangeleentheid wat as nuuswaardig / aktueel beskou word - PER UITSONDERING! (Onderhewig aan goedkeuring deur beide musiekbestuurder en programregisseur).

Spektrum

(16:00 – 19:00)

 

Weeksdae

(Maandae, Woensdae en Vrydae) of soos ooreengekom met program regisseur

 

Musiekbedieningsonderhoud – kategorie 1

  • Spektrum - 5 – 10 minute onderhoud (reëls geld soos in die geval van die Goeie Nuus Uur vir Kat. 1 onderhoud) /spesiale musiekgeleentheid / event wat as nuuswaardig / aktueel beskou word PER UITSONDERING. (Onderhewig aan goedkeuring deur beide musiekbestuurder en programregisseur);

Kommersiële / Betaalde onderhoud – kategorie 2:

  • Om 17:15 – (maksimum 12 minute), 1 per dag /maksimum 2 per week (Onderhewig aan die goedkeuring deur beide musiekbestuurder en programregisseur).

Delf Dieper

(09:00 – 11:00)

Dinsdag

 

Kommersiële / Betaalde onderhoud - kategorie 2

Heart to Heart

(13:00 – 16:00)
Maandae - Donderdae (maksimum 1 middag per week)

Kommersiële / Betaalde onderhoud – kategorie 2 

  • Profiel onderhoud met ‘n Engelse / Afrika-taal kunstenaar (plaaslik) / musiekgebeurtenis wat plaasvind

Masithethe

(11:00  -12:00)
Vrydag

 

Musiekbedieningsonderhoud – kategorie 1

  • Waarin daar met die kunstenaar oor sy getuienis gepraat word. (Onderhoud met ‘n Engelse (plaaslike) / Afrika-taal kunstenaar)

Kommersiële / Betaalde onderhoud – kategorie 2 

  • 15 minute (maksimum) onderhoud waarin CD bemark word (ingesluit een lied)

Kontak ons gerus by (012) 334-1200 of jpbadenhorst@radiokansel.co.za vir enige navrae.

sl-001
sl-002
sl-003
sl-004
sl-005
sl-006