Musieknavrae

Radiokansel is bewus van die frustrasie wat daar soms heers rondom inligting in verband met musiek wat uitgesaai is. Dit is belangrik dat die luisteraar die volgende inligting aan musieknavrae verskaf om sodoende die korrekte informasie te kan bekom.

Wanneer u inskakel, verduidelik spesifiek aan die dame by ontvangs van u oproep dat u 'n musieknavraag het. Sy sal u deurskakel na die musiekafdeling en ons sal die inligting aan u verskaf.

ONTHOU:

  1. U moet die korrekte datum van uitsending asook die tyd kan weergee
  2. U moet meld in watter taal die lied gesing is en of dit deur deur 'n man/dame of 'n groep gesing is
  3. Moet asseblief nie langer as 'n week wag voordat u skakel vir inligting nie

Beskikbaarheid van musiek

Onthou asseblief dat nie al die musiek wat uitgesaai is meer in die mark beskikbaar is nie. Soos wat boeke uit druk gaan, word musiek ook van die mark onttrek. Sekere internasionale kunstenaars se musiek word nie meer in Suid-Afrika versprei nie. Soms bestaan die plaaslike uitgewer nie meer nie of, is die promosie-maatskappy wat oorsee die album versprei ook nie meer beskikbaar nie.

Daar was al verskeie versoeke vir die oorkopieëring van albums in ons besit, maar dit is egter onwettig.

Sekere albums het ons direk vanaf die kunstenaar ontvang op 'n eenmalige besoek aan Suid-Afrika of per pos. In sulke gevalle is die musiek nie in plaaslike musiekwinkels beskikbaar nie.

Kontak ons gerus by (012) 334-1200 of jpbadenhorst@radiokansel.co.za vir enige musieknavrae.

sl-001
sl-002
sl-003
sl-004
sl-005
sl-006