Is jy 'n Nuwe Opkomende Gospelkunstenaar?

Hierdie is 'n uitnodiging aan kunstenaars wat graag hulle musiek oor Radiokansel gespeel wil hê, of enige iemand wat 'n CD gemaak het en dit graag wil instuur - jy is baie welkom om dit te doen. Hier volg 'n paar stukkies inligting rondom hierdie saak:

Radiokansel is 'n Christelike Radiostasie wat slegs gospelmusiek speel - ons speel nie sekulêre musiek of "cross-over" musiek nie - mense wat musiek instuur vir keuring moet asseblief SLEGS gospelmusiek instuur wat suiwer in lyn is / gebaseer is op die Bybel, die woorde en musiek moet mekaar komplimenteer en die woorde moet duidelik hoorbaar wees.

Die formaat waarop ons werk, is CD formaat. Moet asseblief geen kassette instuur nie, die kwaliteit is te swak vir uitsaaidoeleindes. Die CD wat ingestuur word, bly by Radiokansel en daardie kopie word die eiendom van die stasie. Die CD’s word gestoor, hetsy dit goedgekeur of afgekeur word, aangesien dit as verwysing dien vir enige navrae.

Die musiek gaan deur 'n keuringsproses en word op die basis van kwaliteit en inhoud gekeur. Indien die album (snitte vanaf die album) goedgekeur word, word daar ook besluit watter snitte op die stelsel geplaas gaan word. Indien die CD goedgekeur word, word die kunstenaar in kennis gestel via epos / telefonies. Musiek onderhoude kan ook net toegestaan word indien 'n CD goedgekeur is.

Kontak gerus vir:

JP Badenhorst (012 334 1281 / jpbadenhorst@radiokansel.co.za  wat alle Afrikaanse en Engelse musiek hanteer;
Mpho Mashishi (012 334 1273 / mpho@radiokansel.co.za wat alle Afrikatale musiek hanteer;

Jy is ook welkom om jou CD te pos na die volgende adres:

Vir Aandag: Musiekdepartement
Radiokansel
Posbus 3436
Pretoria
0001

OF

per koerier direk na Radiokansel se fisiese adres by:

Vir Aandag: Musiekdepartement
Radiokansel
Jacobusstraat 42
Kilnerpark
Pretoria
0186

Stuur asseblief die pakkie se verwysingsnommer aan:

jpbadenhorst@radiokansel.co.za / (012) 334 1481 (faks) of
mpho@radiokansel.co.za / (012) 334 1473 (faks)

Ons het die volgende inligting nodig saam met die CD wat jy instuur:

  • Jou adres en kontakbesonderhede soos telefoonnommers, faksnommers en e-posadres (om jou te laat weet dat jou CD goedgekeur is);
  • Indien die inligting nie op die CD omslag verskyn nie, het ons nodig om te weet wie die skrywer(s) en uitgewer(s) van die onderskeie liedere op die CD is.
  • Indien die CD nie versprei word deur 'n platemaatskappy nie, maar deur die kunstenaar self, soek ons voldoende bewyse van kopiereg en dat die tantièmes vir die gebruik, opneem en duplisering van die musiek betaal is. Geen musiek mag uitgaan oor die lug indien ons nie voldoende inligting hieroor het nie!!
  • 'n Biografie van die kunstenaar is opsioneel.

Vir meer inligting kontak gerus vir JP of Mpho by (012) 334-1200 of stuur vir ons 'n e-pos na jpbadenhorst@radiokansel.co.za  of mpho@radiokansel.co.za

Ons by Radiokansel en by die musiekdepartement verwelkom goeie Suid-Afrikaanse gospelmusiek en streef daarna om musiek van die hoogste kwaliteit oor ons luggolwe te laat klink.

sl-001
sl-002
sl-003
sl-004
sl-005
sl-006