Menu

Radiokansel

Tuis

Radiokansel Facebook Radiokansel Twitter

A+ A A-

SASOSTWFTPage

Die Woord vir Vandag

Job 5:26 NLV 
2018-12-13Geskryf deur Bob en Debby Gass
Lewe!
Die skrywer Norman Cousins het gesê, 'Geen siekte is meer dodelik as die verveeldheid wat met aftrede gepaard gaan nie.' Hier is 'n ware verhaal van 'n dame in haar tagtigs wat na haar dokter vir 'n algemene ondersoek gegaan het. Hy het vir haar gevra of sy aktief bly. Sy het hom 'n groot glimlag gegee en gesê, 'Ek draf omtrent vyf tot sewe kilometer elke dag.' Verras het die dokter haar gemaan om versigtig te wees en dit nie te oordoen nie. Sy het sy woorde ter harte geneem en besluit om dinge stadiger te vat. Sy het haar drafsessies na stadige wandelinge verminder en dit na een of twee keer 'n week gesny. Binne 'n jaar was sy dood. Nadat hy van haar afsterwe te hore gekom het, het die dokter wat haar die raad gegee het, vir 'n vriend gesê, 'Nooit weer sal ek vir 'n pasiënt wat so goed doen sê om dit rustig te vat nie.' Die Bybel is vol van verhale van mense wat aanhou leef het omdat hulle iets gehad het om voor te leef! Onthou vir Kaleb? Op vyf-en-tagtig het hy die reuse in die heuwelgebied aangeval, hulle verdryf en 'n landontwikkelaar geword (sien Josua 14). Wat van Noag? Hy het die ark begin bou toe hy vyfhonderd jaar oud was. 'n Honderd jaar later het hy gehelp om die wêreld weer te begin. Ouderdom beteken niks, tensy jy kaas is! Plooie, grys hare en vlekke op jou hande beteken minder as niks. So lank as wat God kies om jou op die aarde te hou, moenie net bestaan nie - lewe! Hou aan droom. Gryp nuwe uitdagings aan. Moenie eers daaraan dink om dit rustig te vat nie!
Deel hierdie op Twitter | Deel hierdie op Facebook
Skakels na Bybelverse:You Version
Eerste Rekord | Vorige Rekord | Volgende Rekord | Laaste Rekord
Teken in

Gaan Na

Skakel met ons

ProudlySA

bg-004
bg-006
bg-003
bg-002
bg-001
bg-005