Kersliedere by Kerslig - Drie Riviere

Op 26 November 2017 is dit tyd vir Radiokansel 657AM se Kersliedere by kerslig in die Vaal Driehoek. Om die 20ste Kerssangdiens te vier sal Mathys Roets as hoofkunstenaar optree en Oom Karolus en Lente gaan die kinders vermaak. Dr Izak Burger bring hierdie jaar die Woordbediening.

Die fees word vanjaar by die Dick Fourie Stadion, h/v Kliprivierrylaan en Houtkopweg - Drie Riviere, gehou. Bring jou kombers en piekniekmandjie en geniet die aand saam vriende en familie. Kerse ten bate van Catherin Robson Kinderhuis sal verkoop word.

Toegang is gratis, maar 'n feesoffer ten bate van Radiokansel 657AM sal opgeneem word. Veilige parkering is beskikbaar.

Vir meer inligting kontak Lydia Lamprecht by 083 442 2234.

 

sl-001
sl-002
sl-003
sl-004
sl-005
sl-006