Die Jeug

Radiokansel is aan die voorpunt van tegnologie en neem die leiding om 'n morele media-alternatief vir die jeug te voorsien. Ons gebruik tegnologie as sleutel om die jeug se harte vir die boodskap van Christus te ontsluit en gesels met tieners in hulle 'eie taal' via die nuwe I AM-webradio.
        
Koel jeugaanbieders bring die Evangelie in 'n taal wat jongmense verstaan. Deur die I AM-webradio, Mxit, Twitter, die dagstukkie jeugtydskrif, word4u2day, en opwindende skoolbesoeke, verskuif Radiokansel se I AM Youth Movement grense en herstel die jeug se identiteit in Christus.

Bestel die word4u2day gratis vir jou tiener, skool, gesin en vriende.

Luister na I AM oor www.iamymovement.co.za

sl-001
sl-002
sl-003
sl-004
sl-005
sl-006