Radiokansel speel belangrike rol in die lewe van Minister van Kommunikasie, Faith Muthambi

Op 'n amptelike besoek vanaf Minister van Kommunikasie, Faith Muthambi, aan Radiokansel op 2 Julie, het die Minister die Stasie en die Kansel Mediagroep (KMG) as 2015 MTN Gemeenskapstasie van die Jaar geluk gewens. Wat haar besoek nog meer uitsonderlik gemaak het, was die feit dat sy vir Lucky Mbiko in 'n radio onderhoud vertel het dat sy groot geword het met Radiokansel en dat die Stasie 'n groot rol in haar ontwikkeling gespeel het.

"Ek wou nog altyd die stasie besoek, soos ek grootgeword het, het ek na die Stasie geluister. Ek dink ek is wie ek is vandag as gevolg van die inspirasie wat ek gekry het deur na Radiokansel te luister, dit is een ding wat mense nie weet nie. Dit is 'n baie opwindende oomblik in my lewe," het sy gesê.

Sy het bygevoeg dat Radiokansel se innovasie om oor te skakel na digitaal met DRM nog 'n rede was vir haar besoek. "Ek wou nog altyd die stasie besoek, veral omdat hy innoverend is in die besluit om na digitaal oor te skakel na DRM. Laat ek begin deur Radiokansel geluk te wens met die deurbraak as eerste regstreekse DRM toetsuitsending. Ek dink julle verdien 'n klop op die skouer. Dit is iets waaroor julle kan spog. Julle is 'n leier in die gebied."

Muthambi het verklaar dat die regering gunstig na digitale oudio uitsending opsies – DRM and DAB gaan kyk vir gelyktydige lisensiëring vir dienste. "Brasilië and Indië, ons vennote vanuit BRICS, kyk gunstig na DRM vir hul gemeenskap uitsending sektore, maar wat vir my as minister belangrik is, is die beste belang van die armes van ons land. Vervaardigers moet ook die DRM ontvangers vir die Suid-Afrikaanse SADC streek ontwerp en bou. Ek sal die invoer van hierdie ontvangers, van buite die SADC streek, nie ondersteun nie. Ons moet ook die situasie waar uitsaaiers lisensie fooie moet betaal, vermy. Ons streek is baie aantreklik en groot genoeg vir enige belangstellende wat saam met plaaslike vervaardigers sal wil werk en hulle vaardighede en hulpbronne in die ontwikkeling van die streek te bevorder te deel."

Volgens Muthambi is die SA regering ernstig oor die digitale oorskakeling en werk hulle reeds hard om te verseker dat die kwessie van spektrum onderbreking afgehandel is. "As 'n land is ons gereed met Sentech en die SABC reeds aan boord. Digitale oorskakeling sal ook help om die plaaslike elektroniese vervaardigers te laat herleef. Ons moet tot die groei van ons ekonomie bydra. So ek kan julle gerusstel dat ons op dreef is, en ek is baie opgewonde dat Radiokansel 'n stap voor is en ons land vorentoe neem."

Gedurende Muthambi se besoek, het sy ook die feit dat gemeenskapsmedia sentraal tot die regering se kommunikasie benadering is, beklemtoon. Sy het verder uitgebrei oor die feit dat radio sal moet ontwikkel om sy plek in die digitale omgewing te vind.

In haar eie woorde is radio "tops" en 'n "prioriteit". Ter verwysing na Radiokansel wat aangewys is as die PANSALB toekennings se Radio van die Dekade vir Veeltaligheid en Nasiebou in 2008, het die minister uitgewys dat die mooi van gemeenskapsradio is dat mense dit in hul eie taal kan opvang.

"Gemeenskapsuitsending speel 'n belangrike rol en kan sosiale samehorigheid en nasiebou bemoedig. Ons moet gemeenskapsuitsenders gebruik om Suid-Afrikaners in te lig oor hul regte en verantwoordelikhede, en ook om hoë morele waardes en respek vir ander te vestig."

Muthambi het ook kortliks gepraat oor die feit dat dit vir media huise al moeiliker raak om finansieel volhoubaar te wees as gevolg van die tekort aan kommersiële ondersteuning vanaf die staat en privaat sektor en het verwys na haar goedkeuring vir die publikasie van die gemeenskapsuitsending ondersteuning strategie. "Ons sal na die transformasie en bemagtiging van gemeenskapsmedia, befondsinguitdagings en korporatiewe bestuurskwessies kyk."
Op 'n vraag oor die toekoms van radio het sy opgemerk dat baie mense al radio se dood voorspel het toe televisie sy verskyning maak, maar radio het voortgegaan met 'n blink toekoms. "Ek het gehoor dat die meerderheid Suid-Afrikaners op hul radio’s staatmaak vir inligting en daar is statistieke wat dit ondersteun."

Ter afsluiting het Muthambi Radiokansel aangemoedig om voort te gaan om 'n morele vesel van die gemeenskap te wees. "Hou so aan, want ek weet dat julle daagliks, met al julle platforms, 'n verskil in die lewens van Suid-Afrikaners maak en sodoende ons land vorentoe neem," het sy gesê.

Photo1

Minister van Kommunikasie, Faith Muthambi en Dr Roelf Petersen, Groep Besturende Direkteur van die Kansel Mediagroep, saam met lede van die Departement van Kommunikasie, Radiokansel en KMG

Photo2

Minister Muthambi en Lucky Mbiko agter die mikrofoon by Radiokansel - in 'n gesprek oor digitale oorskakeling en Radiokansel as 'n leier in die SA radio uitsending industrie met die eerste regstreekse digitale uitsending in Suid-Afrika

Photo3

Muthambi samel meer inligting in by Radiokansel se digitale sender fasiliteit in Kameeldrift, Pretoria

Photo4

Net soos menigte jong kinders steeds, het Muthambi na Radiokansel geluister

Photo5

Radiokansel werknemers het die Minister entoesiasties by die stasie verwelkom

sl-001
sl-002
sl-003
sl-004
sl-005
sl-006