Beradingsverwysingslys

Kliënte wat intensiewe Bybelse berading en/of ander hulp benodig, word na helpers op ons verwysingslys verwys.

Kliënte word daarop gewys dat hulle op eie verantwoordelikheid gebruik maak van persone en instansies op die verwysingslys, en dat Kansel Media Groep en ABBO nie aanspreeklik is vir die hulp of die gevolge van die hulp wat van sodanige indiwidue of organisasies ontvang word nie.

Hulpverleners wat op die verwysingslys wil dien, kan aansoek doen by berading@radiokansel.co.za.

Wenke of aanbevelings oor persone landswyd wat op die lys kan dien, word verwelkom. Omdat Radiokansel en Radio Kaapse Kansel Christelike uitsaaiers is, verkies ons dat die berader/hulpverlener 'n Bybelse beradingsbenadering en -praktyk het.

Terugvoer aan Radiokansel oor die gehalte van hulp deur persone/instansies op die verwysingslys word verwelkom. Stuur gerus vir ons e-pos by berading@radiokansel.co.za.

Ons behou onsself die reg voor om die lys deurlopend na goeddunke aan te pas.

Kliek hier vir die verwysingslys.

sl-001
sl-002
sl-003
sl-004
sl-005
sl-006