Wie is Radiokansel?

JOU DAAGLIKSE REISGENOOT

Radiokansel 657AM is al meer as drie dekades lank luisteraars se daaglikse reisgenoot. Ons prys die Here met aktuele geselsradio en lewer 'n duidelike Christelike boodskap, want ons is 'n Christelike radiostasie met Christelike waardes.

Dit is binne hierdie konteks dat Radiokansel en sy susterstasie, 729AM Kaapse Kansel, 'n tasbare verskil in die lewens van ons luisteraars maak. Van Gauteng tot die Kaap gee ons vir ons luisteraars relevante en moreel-opheffende inhoud, terwyl ons gesinswaardes herstel, die leiers van môre toerus en 'n morele nasie bou.

Breek weg van die geraas rondom jou en luister na die relevante stem van Radiokansel en Kaapse Kansel. Luister ook aanlyn, lewendig oor DStv Audio 882 of oor jou selfoon. Met Radiokansel 657AM, of 729AM Kaapse Kansel, as jou daaglikse reisgenoot, kan jy die evangelie in jou motor of in jou huis uitleef - elke dag van die week.

sl-001
sl-002
sl-003
sl-004
sl-005
sl-006