Ons Geskiedenis

2009

  • Radiokansel sit die stryd om ‘n AM729kHz sender teen OKOSA voort
  • Radiokansel verkry in Augustus radio kanaal 882 op DStv se audio boeket
  • Radiokansel betree die opwindende wêreld van sosiale media met groot sukses deur middel van Facebook
  • Radiokansel ontwikkel die multi-platform strategie, dit het ten doel om Radiokansel hoorbaar te maak op soveel media platforms as moontlik

2008

  • Radiokansel installeer die eerste analoog/digitale mediumgolfsender in Suid-Afrika.
  • Radiokansel word een van net twee radiostasies in die RSA wat uitsaai deur middel van selfoon sagteware.
  • Radiokansel kry die PanSAT toekenning vir "Veeltaligheid en Nasie-bou van die Dekade in Elektroniese Media", die stasie ontvang ook die die “Trinity Trophy” vir Uitnemendheid in die Uistaaiwese van die ACB (African Christian Broadcasters)

2007

  • Radiokansel lê sy tweede uitsaailisensie-aansoek aan OKOSA voor.

2006

  • Radiokansel begin uitsendings op die VIVID satelietstelsel.
  • Radiokansel handig die eerste uitsaailisensie aansoek in by OKOSA.
  • Uitsaaikontrak met Radio 2000 op dié stasie se FM senders kom tot ‘n einde.

2003

  • UCB Africa word gevorm met Radiokansel as hoofvennoot in hierdie missionêre radio-aksie.

2002

  • Radiokansel begin met Internetuitsendings.
  • Die formele Gemeenskapsbou-inisiatief (GBI) word bekend gestel.

2000

  • Digitalisering van opnames en ateljees

1993

  • Eerste TV produksie vir die SAUK en MNet vervaardig

1992

  • Op 1 November begin uitsendings op AM 657 kHz

1989

  • Beradingsafdeling word daargestel

1988

  • Eerste kontrak met die SAUK vir die uitsendings op Radio 2000 se FM senders word onderteken.

1983

  • Uitsendings op AM 540 begin

1981

  • Radiokansel verkry onafhanklikheid van Trans-Wêreld-Radio

Programme

Drie afdelings is verantwoordelik vir die radioprogramme. Daar word van die dienste van ongeveer 153 omroepers gebruik gemaak, waarvan net 'n handjievol op 'n voltydse basis vir Radiokansel werk. Die meerderheid lewer 'n bydrae op 'n vryskutbasis.

Uitsendings geskied in al elf Suid-Afrikaanse tale: Afrikaans, Engels, Zulu, Xhosa, Tswana, Noord-Sotho, Suid-Sotho, Ndebele, Siswati, Tsonga en Venda.

Sender

AM 657 kHz
Radiokansel besit ‘n mediumgolfsender wat naby Meyerton in Gauteng geleë is waarvan daar 24 uur per dag uitgesaai word. Sentech lewer die tegniese ondersteuningsdiens vir hierdie sender.

Ontvangs vanaf hierdie sender is gedurende die dag beperk tot ‘n radius van 300 km rondom Meyerton. Gedurende die nag word hierdie area egter baie groter en die opvanggebied vergroot na feitlik die hele land. Selfs van die lande net noord van Suid-Afrika kan hierdie uitsendings ontvang.

DStv

In Augustus 2009 is Radiokansel geseën met die radiokanaal 882 op DStv se boeket. Luisteraars van reg oor Afrika kan nou inskakel op Radiokansel. Vir meer inligting oor hoe om so in te skakel kliek hier.

Internet

Radiokansel kan ook oor die Internet deur oudiostroom gehoor word.

Satelliet

Vanaf 2006 is Radiokansel op die oudiokanaal van die VIVID satelliet dekodeerder beskikbaar.

Selfone

U kan ook na Radiokansel luister met u selfoon. Kliek hier om uit te vind hoe.

Facebook

Radiokansel het in 2009 die opwindende wêreld van sosiale media betreë met sy eie Afrikaanse en Engelse Facebook aanhanger blaaie. Sluit vandag nog aan om unieke, intydse inligting oor Radiokansel te bekom.  

sl-001
sl-002
sl-003
sl-004
sl-005
sl-006