Kontak Shekinah Kampterrein

Kamp by Shekinah, Radiokansel se ongerepte juweel in die groter Mabula Natuurreservaat

Radiokansel het sy eie ongerepte juweel in die hart van die groter Mabula natuurreservaat, slegs 54 km vanaf Bela-Bela (Warmbad).

Shekinah, Radiokansel se kampterrein, wat ook as opleiding- en ontwikkelingsentrum dien, is voorwaar 'n geskenk uit die hand van die Here. Die kampterrein kan klein groepe tot groepe van ongeveer 150 persone akkommodeer, deur verskillende verblyfsopsies.

KONFERENSIE-FASILITEITE

Daar is drie toegeruste lesinglokale op die terrein: 'n Groot lokaal wat 150 persone kan akkommodeer en twee kleiner lokale vir groepe van ongeveer 25-30 persone.

AKTIWITEITE

Shekinah is ideaal vir Gemeentekampe, selgroepe, Sondagskole, vrouekampe, mannegroepe en ook vir persoonlike wegbreke. Buiten vir akkommodasie en opleidingsfasiliteite bied dit:

•    Wildbesigtigingsritte in die Mabula natuurreservaat
•    Vlugbal-, netbal- en sokkerfasiliteite
•    Tafeltennisfasiliteite
•    Boombesigtigingsroete (half-uur se stap)
•    Gesprekke om die kampvuur
•    Heerlike groot swembad

BESPREKINGS

Vir tariewe en besprekings kontak:

Annemarie en Tom Esterhuizen
Tel: 082 936 9874 / 076 792 5610
E-pos: kamp@radiokansel.co.za
Kontak gerus vir vooraf besigtiging

Kliek hier vir die huidige tariewe

Naam/Kerk/Groep:* Kontaknommer:* E-pos:* Datums verlang: Fasiliteite Kamp Woonstel Mispa Grootte van groep & Addisionele Vereistes: El-Shaddai

Laat toe dat God se teenwoordigheid jou by SHEKINAH omvou!

sl-001
sl-002
sl-003
sl-004
sl-005
sl-006